Tuesday, November 18, 2008

Integrasie in skole werk nie

Die akademiese jaar loop vinnig ten einde. Matrikulante is besig met hulle laaste skooleksamens, en ouers wat kleintjies vir die eerste keer skool toe moet stuur, staan nou voor die keuse oor na welke skool die gesin se kosbaarste besitting gestuur moet word.

In menige ouer is daar die kommer oor wat deesdae op die skole gebeur: wat word my kind daar geleer, hoe goed is die standaarde en beteken dit nog enigiets vir my kind se toekoms? En dan is daar die vrae oor veiligheid by die skole, in die lig van al hoe meer berigte van aanrandings, skêrstekery en selfs verkragtings in die skole.

Byna daagliks is daar berigte oor polisieklopjagte by skole, om te soek na versteekte wapens en dwelms. Die probleme met die handhawing van dissipline is bronne van kommer vir ouers, want gewoonlik word die swak dissipline van die skole saamgebring huis toe om ook vir die ouers geweldige hoofbrekens te besorg.

Ons het deur die jare telkens die oorsaak vir al hierdie probleme voor die deur van die multikulturele, geïntegreerde skole, gelê. Maar omdat dit as eksklusiwiteit en ‘n voortsetting van apartheid gesien is, is daar natuurlik nie na geluister nie.

Maar die waarheid het die neiging om altyd te oorwin, en die realiteit van die dag kan op die lange duur nie geïgnoreer word nie.

Die lig oor die land se chaotiese onderwysbedeling begin nou by verskeie opvoedkundiges deurbreek.

Een van die omstrede akademici, met wie ons al hewig verskil het oor van sy uitsprake, prof. Jonathan Janssen, begin nou ook te twyfel of rasse-integrasie in die skole ‘n goeie ding is. Hy baseer dit daarop dat dit lei tot die verlaging van standaarde. Waar hy, volgens ons, egter nie korrek is nie, is dat hy reken dat die invoer van armer swart kinders na middelklas-skole die rede is, en hy heg ‘n welstands- of rykdomskriterium aan die verskille, in plaas van die kultuurverskille, wat ons reken die rede vir die probleem is. Hy sê integrasie lok nie swak middelklasleerlinge nie, maar werkersklasleerlinge wat in wanfunksionele skole in die swart gebiede was.

Dit is dus presies waar die dissiplineprobleem in die skole vandaan kom. Dit word ondersteun deur professor Johan Beckman van die Universiteit van Pretoria, wat sê dat integrasie bydra tot ‘n gebrek aan dissipline en waardes. En die afbreek van waardes is tog iets wat vir ons as Christen-Afrikanerouers onaanvaarbaar is, omdat dit die fondament van opvoeding en bestaan is.

Intussen is daar gerugte in die ANC dat die Uitkomsgebaseerde Onderwys weer bekyk moet word, en as dit nodig is dat dit verwyder moet word, dit desnoods moet gebeur.

Helaas is dit so dat die staat ‘n politieke agenda het. By landbou word nie gekyk na voedselsekerheid nie, maar na ‘n politieke agenda van herverdeling van grond. Daarom is ons ook nie besonder opgewonde dat die regering sal luister na die mening van kundiges in onderwys nie, want hulle het ‘n politieke agenda wat gevolg moet word. Daardie agenda bepaal dat integrasie moet plaasvind, ongeag die uitkoms daarvan. Daardie agenda bepaal dat daar geen geskeide skole mag wees nie, want dit sal die vermoë van sekeres, en die onvermoë van ander beklemtoon, en sê nou net daardie verskille sou ‘n rasse-patroon uitwys...

Daarom, as u nou voor die besluit staan oor waar u kind volgende jaar heen moet gaan, oorweeg hierdie sake. Maar moet u nie laat mislei of u daaraan troos dat daar “gekyk” word na moontlike veranderinge nie. Moenie u kind voor die wolwe gooi, en hoop dat die wolf nie sy bek sal oopmaak om hom te verslind nie, of in die hoop dat daar dalk ‘n ander prooi vir hom sal verskyn nie. U kan nie so met die toekoms van u kind dobbel nie.

http://www.radiopretoria.co.za/Nov17SkoleIntegrasie.html

Wednesday, October 29, 2008

UGO Misluk

Die BCVO neem met vreugde kennis van die verklaring van Me. Mamphele Ramphele voormalige Visie-Kanselier van die Universiteit van Kaapstad en Direkteur van die Wêreldbank dat Uitkoms Gebaseerde Onderwys moet uit! So is op 28 Oktober deur Ella Smook in Daily News gepubliseer.

Die BCVO het met nadruk en by herhaling al op die onbybelsheid van die metode sowel as die opvoedkundige ellende wat die onderrigmetode bring gewys! Daarom dat die BCVO steeds op kennisgedrewe onderrig aandring en toepas!

Me. Ramphele sê nou: “I am prepared to march to parliament. We must do away with outcomes-based education. It has failed our nation. It has failed our children" . Hoewel ons dankbaar is dat daar nou ‘n hooggeplaaste uit die akademiese- en handelswêreld is wat bereid is om dit hardop te sêselfs bereid is om parlemente toe te “toy-toy” hulle nie na al die verdoemende wêreldwye kommentaar en waarskuwings wou luister toe dit gelewer was nie. Nou dat die nasie en kinders klaar daaronder moes lysoos voorspelwil sy marsjeer!

Die BCVO roep tot alle verantwoordelike ouers om te luister en hulle kinders in te skryf by die BCVO wat deur die genadige voorsiening van die Vader ‘n reeds ontwikkelde stelsel het en enigste ware alternatief vir die ellende in die staat se onderwys.

Gideon Grobler
Voorsitter van die BCVO Direksie


Kennisgedrewe teenoor UGO

Wees opnuut bewus van die verskille tussen UGO en kennisgedrewe onderwys sodat u dit kan uitken. Kom ons vat die leermetodes kortliks saam ter wille van weer onthou en as ons kinders dit ook kan verstaan soveel beter.

Uitkoms gebaseerde onderwys (UGO) se groot kenmerk is eintlik dat niemand mag weet waarheen is ons oppad nie. Bietjie meer akademies gestel: UGO is per definisie nie definieerbaar nie. Dr. Bray van Kanada wat hier in die ontstaansjare van UGO die owerheid se amptelike raadgewer was verduidelik UGO so in ‘n toespraak wat hy aan genooides te UNISA gelewer het. Hy sê dit is soos ‘n onderwyser wat met ‘n kind aan die hand in die gang van die skool af stap, nie die kind nie maar ook nie die onderwyser weet waar die paaitjie heen loop nie!

Hierdie metode leer dat die kind gebore word met ‘n sekere potensiaal. Daar moet net vir hom ‘n aangename leeromgewing geskep word sodat hy/sy al ondersoekende sy eie potensiaal ontdek. Daarom noem hulle hom ‘n Leerder en nie ‘n Leerling nie. ‘n Leerling is iemand wat sit en luister na sy leermeester wat hom juis moet voer met kennis wat hy/sy nie het nie. Hierdie kennis moet so ingedril word dat dit sy eie word. Daarom noem ons dit kennis gedrewe onderwys.

In UGO is die leerder self sy eie norm. Hy beskik Dan reeds oor die kennis hy moet dit net ontdek/verder ontwikkel. Daarom kan nie aan die kind(leerder) voorgeskryf word nie, hy moet net begelei word. Hy word ook nie (GE)evalueer nie, maar (GE)assesseer. Hoe kan jy hom evalueer hy is Dan die norm! Jy kan net assesseer om vir hom te sê hoe goed jy dink het hy homself ontdek.

Die Woord leer ons as verbondskinders dat ons van na die sondeval net genoeg goed in onsself oorgehou het dat ons ons nie kan verontskuldig nie. Jn.3:27 (art.14 NGB) Die potensiaal wat ons moet ontdek is ons sondigheid!

Ek moet juis geleer word en wie my ookal leer moet baie seker wees hy weet juis waar gaan hy met my heen: na God toe! Ook deur die wiskunde en fisika! Dit is wat die Woord ons leer.

BCVO Groete
Gideon Grobler

Monday, September 29, 2008

Sunday, September 28, 2008

Landswye Tennis



Drie van CVO Brandwag se leerlinge het die Sentraal Transvaal streek verteenwoordig by die landswyetenniskampioenskappe wat gehou is op Bethlehem op die 26ste September 2008.

SD Mann het 'n goue medalje ontvang vir sy eerste plek in die seuns onder 19 afdeling.

Tuesday, August 19, 2008

Dankie tog vir CVO skole

Die nuus van die satanistiese kind wat by 'n skool in Krugersdorp 'n ander kind gedood het met 'n swaard het 'n skudding veroorsaak.

Verskeie verwyte word rond gegooi oor die redes vir die "aanval". Die DA se woordvoerder reken dit is die skool se skuld aangesien die skool se sekuriteit nie na wense is nie. Daar is persone wat van mening is dat dit die ouers se skuld is. Dat die ouers die kind nie moes toelaat om na sekere musiek moes luister nie.

Ek is egter van mening dat dit die ANC se skuld is. Die ANC het ons eens Christelike staatskole verander in satansneste.

Hierdie insident is ook nie ge-isoleerd nie. Krugersdorp staatskole was die afgelope tyd heelwat in die nuus. Daar was die vyftienjarige Lizelia Joubert van Hoërskool Jan de Klerk, wat vir 15dae opsoek was. Ook was daar die twee meisies wat hulleself opgehang het en in 'n brief verklaar het dat dit vir hulle beter was om hulleself dood te maak as om in die mag van satan te beland.

In die goeie "ou" Suid-Afrika was daar nie sulke probleme nie. Die "nuwe" Suid-Afrika het hierdie probleme veroorsaak. Daarom ook dat CVO skole geskep is, om ons kinders te beskerm teen hierdie gevare.

Dankie tog vir CVO skole!

Sunday, July 27, 2008

Kultuurdag te CVO Pretoria








Leerlinge van CVO Brandwag het deelgeneem aan die kultuurdag wat gehou is by CVO Pretoria. Alhoewel die kompetisie straf was, het ons leerlinge goed gevaar met verskeie goue en silver pryse.