Tuesday, August 19, 2008

Dankie tog vir CVO skole

Die nuus van die satanistiese kind wat by 'n skool in Krugersdorp 'n ander kind gedood het met 'n swaard het 'n skudding veroorsaak.

Verskeie verwyte word rond gegooi oor die redes vir die "aanval". Die DA se woordvoerder reken dit is die skool se skuld aangesien die skool se sekuriteit nie na wense is nie. Daar is persone wat van mening is dat dit die ouers se skuld is. Dat die ouers die kind nie moes toelaat om na sekere musiek moes luister nie.

Ek is egter van mening dat dit die ANC se skuld is. Die ANC het ons eens Christelike staatskole verander in satansneste.

Hierdie insident is ook nie ge-isoleerd nie. Krugersdorp staatskole was die afgelope tyd heelwat in die nuus. Daar was die vyftienjarige Lizelia Joubert van Hoƫrskool Jan de Klerk, wat vir 15dae opsoek was. Ook was daar die twee meisies wat hulleself opgehang het en in 'n brief verklaar het dat dit vir hulle beter was om hulleself dood te maak as om in die mag van satan te beland.

In die goeie "ou" Suid-Afrika was daar nie sulke probleme nie. Die "nuwe" Suid-Afrika het hierdie probleme veroorsaak. Daarom ook dat CVO skole geskep is, om ons kinders te beskerm teen hierdie gevare.

Dankie tog vir CVO skole!