Wednesday, October 29, 2008

UGO Misluk

Die BCVO neem met vreugde kennis van die verklaring van Me. Mamphele Ramphele voormalige Visie-Kanselier van die Universiteit van Kaapstad en Direkteur van die Wêreldbank dat Uitkoms Gebaseerde Onderwys moet uit! So is op 28 Oktober deur Ella Smook in Daily News gepubliseer.

Die BCVO het met nadruk en by herhaling al op die onbybelsheid van die metode sowel as die opvoedkundige ellende wat die onderrigmetode bring gewys! Daarom dat die BCVO steeds op kennisgedrewe onderrig aandring en toepas!

Me. Ramphele sê nou: “I am prepared to march to parliament. We must do away with outcomes-based education. It has failed our nation. It has failed our children" . Hoewel ons dankbaar is dat daar nou ‘n hooggeplaaste uit die akademiese- en handelswêreld is wat bereid is om dit hardop te sêselfs bereid is om parlemente toe te “toy-toy” hulle nie na al die verdoemende wêreldwye kommentaar en waarskuwings wou luister toe dit gelewer was nie. Nou dat die nasie en kinders klaar daaronder moes lysoos voorspelwil sy marsjeer!

Die BCVO roep tot alle verantwoordelike ouers om te luister en hulle kinders in te skryf by die BCVO wat deur die genadige voorsiening van die Vader ‘n reeds ontwikkelde stelsel het en enigste ware alternatief vir die ellende in die staat se onderwys.

Gideon Grobler
Voorsitter van die BCVO Direksie


Kennisgedrewe teenoor UGO

Wees opnuut bewus van die verskille tussen UGO en kennisgedrewe onderwys sodat u dit kan uitken. Kom ons vat die leermetodes kortliks saam ter wille van weer onthou en as ons kinders dit ook kan verstaan soveel beter.

Uitkoms gebaseerde onderwys (UGO) se groot kenmerk is eintlik dat niemand mag weet waarheen is ons oppad nie. Bietjie meer akademies gestel: UGO is per definisie nie definieerbaar nie. Dr. Bray van Kanada wat hier in die ontstaansjare van UGO die owerheid se amptelike raadgewer was verduidelik UGO so in ‘n toespraak wat hy aan genooides te UNISA gelewer het. Hy sê dit is soos ‘n onderwyser wat met ‘n kind aan die hand in die gang van die skool af stap, nie die kind nie maar ook nie die onderwyser weet waar die paaitjie heen loop nie!

Hierdie metode leer dat die kind gebore word met ‘n sekere potensiaal. Daar moet net vir hom ‘n aangename leeromgewing geskep word sodat hy/sy al ondersoekende sy eie potensiaal ontdek. Daarom noem hulle hom ‘n Leerder en nie ‘n Leerling nie. ‘n Leerling is iemand wat sit en luister na sy leermeester wat hom juis moet voer met kennis wat hy/sy nie het nie. Hierdie kennis moet so ingedril word dat dit sy eie word. Daarom noem ons dit kennis gedrewe onderwys.

In UGO is die leerder self sy eie norm. Hy beskik Dan reeds oor die kennis hy moet dit net ontdek/verder ontwikkel. Daarom kan nie aan die kind(leerder) voorgeskryf word nie, hy moet net begelei word. Hy word ook nie (GE)evalueer nie, maar (GE)assesseer. Hoe kan jy hom evalueer hy is Dan die norm! Jy kan net assesseer om vir hom te sê hoe goed jy dink het hy homself ontdek.

Die Woord leer ons as verbondskinders dat ons van na die sondeval net genoeg goed in onsself oorgehou het dat ons ons nie kan verontskuldig nie. Jn.3:27 (art.14 NGB) Die potensiaal wat ons moet ontdek is ons sondigheid!

Ek moet juis geleer word en wie my ookal leer moet baie seker wees hy weet juis waar gaan hy met my heen: na God toe! Ook deur die wiskunde en fisika! Dit is wat die Woord ons leer.

BCVO Groete
Gideon Grobler

Monday, September 29, 2008

Sunday, September 28, 2008

Landswye Tennis



Drie van CVO Brandwag se leerlinge het die Sentraal Transvaal streek verteenwoordig by die landswyetenniskampioenskappe wat gehou is op Bethlehem op die 26ste September 2008.

SD Mann het 'n goue medalje ontvang vir sy eerste plek in die seuns onder 19 afdeling.

Tuesday, August 19, 2008

Dankie tog vir CVO skole

Die nuus van die satanistiese kind wat by 'n skool in Krugersdorp 'n ander kind gedood het met 'n swaard het 'n skudding veroorsaak.

Verskeie verwyte word rond gegooi oor die redes vir die "aanval". Die DA se woordvoerder reken dit is die skool se skuld aangesien die skool se sekuriteit nie na wense is nie. Daar is persone wat van mening is dat dit die ouers se skuld is. Dat die ouers die kind nie moes toelaat om na sekere musiek moes luister nie.

Ek is egter van mening dat dit die ANC se skuld is. Die ANC het ons eens Christelike staatskole verander in satansneste.

Hierdie insident is ook nie ge-isoleerd nie. Krugersdorp staatskole was die afgelope tyd heelwat in die nuus. Daar was die vyftienjarige Lizelia Joubert van Hoërskool Jan de Klerk, wat vir 15dae opsoek was. Ook was daar die twee meisies wat hulleself opgehang het en in 'n brief verklaar het dat dit vir hulle beter was om hulleself dood te maak as om in die mag van satan te beland.

In die goeie "ou" Suid-Afrika was daar nie sulke probleme nie. Die "nuwe" Suid-Afrika het hierdie probleme veroorsaak. Daarom ook dat CVO skole geskep is, om ons kinders te beskerm teen hierdie gevare.

Dankie tog vir CVO skole!

Sunday, July 27, 2008

Kultuurdag te CVO Pretoria








Leerlinge van CVO Brandwag het deelgeneem aan die kultuurdag wat gehou is by CVO Pretoria. Alhoewel die kompetisie straf was, het ons leerlinge goed gevaar met verskeie goue en silver pryse.

Saturday, July 19, 2008

Landloop - Saterdag 19 Julie 2008




Op Saterdag 19 Julie 2008 was CVO Brandwag die gasheer van 'n vriendskaplike landloop byeenkoms. Atlete van CVO Brakpan en CVO Pretoria het kom meeding en CVO Brandwag het self 18 atlete gehad wat deelgeneem het.