Monday, September 29, 2008
Sunday, September 28, 2008
Landswye Tennis
Tuesday, August 19, 2008
Dankie tog vir CVO skole
Die nuus van die satanistiese kind wat by 'n skool in Krugersdorp 'n ander kind gedood het met 'n swaard het 'n skudding veroorsaak.
Verskeie verwyte word rond gegooi oor die redes vir die "aanval". Die DA se woordvoerder reken dit is die skool se skuld aangesien die skool se sekuriteit nie na wense is nie. Daar is persone wat van mening is dat dit die ouers se skuld is. Dat die ouers die kind nie moes toelaat om na sekere musiek moes luister nie.
Ek is egter van mening dat dit die ANC se skuld is. Die ANC het ons eens Christelike staatskole verander in satansneste.
Hierdie insident is ook nie ge-isoleerd nie. Krugersdorp staatskole was die afgelope tyd heelwat in die nuus. Daar was die vyftienjarige Lizelia Joubert van Hoërskool Jan de Klerk, wat vir 15dae opsoek was. Ook was daar die twee meisies wat hulleself opgehang het en in 'n brief verklaar het dat dit vir hulle beter was om hulleself dood te maak as om in die mag van satan te beland.
In die goeie "ou" Suid-Afrika was daar nie sulke probleme nie. Die "nuwe" Suid-Afrika het hierdie probleme veroorsaak. Daarom ook dat CVO skole geskep is, om ons kinders te beskerm teen hierdie gevare.
Dankie tog vir CVO skole!

Sunday, July 27, 2008
Kultuurdag te CVO Pretoria
Leerlinge van CVO Brandwag het deelgeneem aan die kultuurdag wat gehou is by CVO Pretoria. Alhoewel die kompetisie straf was, het ons leerlinge goed gevaar met verskeie goue en silver pryse.
Saturday, July 19, 2008
Landloop - Saterdag 19 Julie 2008
Monday, May 26, 2008
Danie Theron: Een van ons grootste helde.
Anja Piek Gr6
Ons het op Saterdag 17 Mei 2008 vroeg bymekaar gekom by CVO Brandwag. Vandaar het ons in 'n konvooi na die Danie Theron Monument gery, wat naby Carltonville gelee is. Toe ons by die terrein aankom, was sommiges van ons braaf en het die koppie uitgeklim, terwyl ander minder avontuurlustig was en met motors opgery het na die monument.
By die monument het Oom Chris vir ons meer oor die geskiedenis van Danie Theron vertel. Onder andere het hy ons vertel dat Danie 'n prokureer in Krugersdorp was en dat hy opgestaan het vir die regte van die boerevroue, nadat 'n lelike berig oor die boervrou in 'n engelse koerant verskyn het van daardie tyd.
Hy is aangekla van aanranding op die redakteur van die koerant en moes 20 pond boete betaal. Hierdie boete is deur die boere wat die verhoor bygewoon het betaal.
Hy het besef dat die kommunikasie tussen die vegtende boere nie goed was nie en het die Verkennerskorps gestig. Hy was die stigter en leier van hierdie korps. Dit het bekend gestaan as die Danie Theron Verkenners. Boodskappe is vanaf so ver as Pietersburg reg oor die land geneem. Dit is op een van hierdie lang togte wat hy besef het dat 'n mens baie verder en vinniger per fiets kan ry as per perd. As boodskappe oor kort afstande geneem moes word, is daar steeds van perde gebruik gemaak.
Op 'n keer moes Danie Theron oor 'n lang afstand op sy hande en kniee van die een Generaal na die ander kruip om 'n boodskap deur die Engelse linie te kry.
Die Monument staan op 'n koppie waar Danie verkenning gaan doen het en toe op 'n groep Engelse soldate afgekom het. Met 'n Mauser het hy drie gedood en vier gewond. 'n Engelse generaal, Generaal Hart, het die skermutseling gehoor en gedink daar is 'n hele Boeremag op die koppie. Hy het toe vier gewone kannone en een skeeps kanon op die koppie gerig en daar is Danie Theron gedood.
Die monument is opgerig ter herdenking van Danie Theron en dat almal kan onthou dat hy 'n vegter was vir Afrikaner regte en dat daar in sy hart, die vlam van vryheid hoog gebrand het. Die monument is 50 jaar na sy dood opgerig deur Boeremense wat nog steeds die vlam van vryheid ook in hulle harte voel brand.
Wat 'n wonderlike ondervinding! Ek wens alle Afrikaner-kinders die voorreg kan geniet wat ons het en dat hulle die helde van ons Geskiedenis kan leer ken soos ons hulle leer ken, van mense wat nog vir ons en die geskiedenis omgee.
Terug by die skool het ons 'n Karee-boom geplant ter ere van Danie Theron, sodat ons hier by die skool altyd aan hom sal dink en aan dit wat hy vir ons Afrikaners gedoen het.
Die dag is afgesluit met 'n bring en braai en die brawes onder ons het 'n paar spelle Jukskei gespeel, net om dit gesellig te hou.
Sunday, May 11, 2008
Die BCVO Eksamenraad
Die BCVO-Eksamenraad is in 1996 amptelik erken as eksamineringsliggaam deur die SA-Sertifiseringsraad (SAFSERT).
Die BCVO-Eksamenraad hou toesig oor die afronding van reëlings vir die afneem, nasien en administrasie van die BCVO se Senior Sertifikaateksamen, wat vanaf einde 1997 by geakkrediteerde CVO-skole afgeneem word. Sedert die einde van 1997 het CVO-matrikulante met groot sukses die BCVO se eie SAFSERT-gesertifiseerde senior sertifikaateksamen afgelê. Die standaard van vraestelle en uitslae word ook ekstern gemodereer. (Die nuutgevestigde UMALUSI het sedert 2002 SAFSERT se rol in hierdie verband oorgeneem.)
Etlike van hierdie matrikulante het al suksesvol by verskeie Suid-Afrikaanse universiteite en ander tersiêre opleidingsinstansies hul studie in rigtings soos medies, ingenieurswese, inligtingstegnologie, spraakterapie ens. suksesvol voortgesit en ook al reeds talle merietebeurse en ander toekennings verwerf.

Subscribe to:
Posts (Atom)